Boekresensie deur dr JG (Hannes) Janse van Rensburg
Wright, N.T. 2017. Spiritual and religious. The gospel in an age of paganism. [Kindle]. Beskikbaar: http://www.amason.com
In Spiritual and Religious skryf Wright oor die moderne uitroep “ek is spiritueel, maar nie religieus nie”. Hy ontleed en vergelyk die huidige tydsgees met die van die antieke paganisme. Die term Paganisme verteenwoordig ‘n wyd uiteenlopende stel groepering van verskillende geskiedkundige tydperke en word geëien in terme van drie primêre eienskappe: Hulle herken veelvuldige goddelike (bonatuurlike) wesens. Hulle sien die natuurlike materiële wêreld en sy wette as ‘n manifestering van die goddelike. Wright stel dat vele hedendaagse mense, tog min of meer die ou godsdienste herhaal. Hy bespreek die afgode van oorlog, mag, geld en seksuele losbandigheid.
Sy betoog is dat ’n goeie begrip van die Drie‑enige God kan help om die evangelie in hierdie wêreld nog sterker uit te dra. Wright wys dat hierdie antieke stelsels nog steeds die manier beïnvloed waarop mense hul waarde bepaal en hul vrede soek, hetsy deur, konsumerisme, privaat spiritualiteit of politieke identiteit.
Die tweede deel van sy boek is prakties en pastorale van aard. Daar is ook heelwat herhaling van die eerste deel se inhoud. Wright stel vrae en uitdagings oor hoe Christene vandag moet leef en verkondig in ’n tyd waar daar agterdog teen georganiseerde godsdiens is. Hy vra: moet ons soos die wêreld word of moet ons eerder opstaan teen die uitdagings van ons tyd?
Die skrywer plaas klem op die rol van die Kerk as in die wêreld. Hy daag ons uit om die kruis en opstanding teen en in hierdie wêreld te gebruik. God het immers die dood oorwin.
Wright se skryfstyl en inhoud is bemoedigend, altyd liefdevol en soms ook uitdagend. Die boek is ’n kragtige en tydige bydra tot die hedendaagse debat oor spiritualiteit en religie. Die boek is vir predikante, studente, pastorale werkers en Christen gelowiges wat hul roeping wil verstaan. Dit spreek elke gelowige se hart, verstand en aksies aan.
