Wat doen ons

Die HTK bestaan tans uit ʼn kerkeie opleiding, ʼn Sentrum vir Gemeentelike Bediening (SGB), ʼn Sentrum vir Reformatoriese Teologie (SRT) en ʼn Diploma in Bediening wat aan die HTK koppel. Dr AG Ungerer is vir die kerkeie opleiding vir studente en voortgesette opleiding vir predikante verantwoordelik.

Kerkeie opleiding

Die kerkeie opleiding bestaan uit die Toerusting Kerklike Bediening (TKB) wat al die studente van die BDiv en MDiv studies insluit. Die sesdejaarstudente deurloop ʼn Nagraadse Diploma in Teologie en Bediening (NGDip).

Voortgesette opleiding

Voortgesette Teologiese Toerusting (VTT) word jaarliks aan predikante gebied.  Voortgesette Bedieningsopleiding (VBO) fokus meer op bedieningspraktyk. Vir beide VTT en VBO word daar krediete toegeken.

Sentrum vir Gemeentelike Bediening (SGB)

Die Sentrum vir Gemeentelike Bediening (SGB) fokus op toerusting en dienste aan gemeentes en ampsdraers.  

Sentrum vir Reformatoriese Teologie (SRT)

Die Sentrum vir Reformatoriese Bediening (SRT) het ten doel om ons unieke erfenis en bydraes van die NHKA te bewaar en die Hervormde teologie daaraan verbonde, te versterk en uit te bou.

Diploma in Bediening

Die Diploma in Bediening is ʼn ten volle SAQA-geakkrediteerde kwalifikasie wat veral op die teologiese toerusting van gemeenteleiers en ander belangstellendes gerig is.  Die opleiding is ook ideaal vir die opleiding van pastors uit ander kerke.