Argief

 

Die Kerkargief struktureer, bestuur en bewaar formeel sedert 1924 die versamelbeleid van alle argivalia wat sedert 1842 binne die NHKA geskep en beskikbaar gestel word.

Hiernaas word verskeie kerkhistoriese versamelings en sekondêre bronne vir algemene navorsingswaarde bewaar, ontsluit en beskikbaar gestel.

Kontakbesonderhede: Argivaris, Mnr. Nándor Sarkady, argief@nhk.co.za , tel. 012 322 8885 x 3112.

Inventarisse
  • Privaatversamelings van predikante.
  • Argiefgroepe vir kerkhistoriese navorsing: bv Bybelvertaling, Sending. (Alle relevante navorsingsgroepe wat nie op die NHKA webwerf geplaas word nie maar van algemene navorsingsbelang.)
Tydskrifte

Die Hervormer is die amptelike blad van die NHKA en verskyn sedert 1909. Die Hervormer tussen 1909 en 1977 is digitaal leesbaar.

SKAKEL – Die Hervormer (1909-2015) : Free Texts : Free Download, Borrow and Streaming : Internet Archive

Almanak –Jaarboek van die NHKA sedert 1907. Daar sal in die toekoms ‘n projek geloots word om die publikasie digitaal toeganklik te maak.

Pamflette Katalogus

Pamflette: 3500 historiese gepubliseerde en skaars pamflette is ontsluit.

Skripsies en proefskrifte

Skripsies en proefskrifte: Lys van titels/outeurs wat BD-Skripsies gelewer het. Nêrens elders beskikbaar.

Gedenkbundels

Daar is 105 bundels en boekies met gemeentegeskiedenisse gedigiteer.                  

SKAKEL – Gedenkbundels : Free Texts : Free Download, Borrow and Streaming : Internet Archive

Fotomateriaal Indeks

Fotomateriaal Indeks op fotomateriaal.

Vir meer inligting oor die agrief besoek die NHK weblad

Amptelik – Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (nhka.org)