Boekresensie deur dr JG (Hannes) Janse van Rensburg
Bolsinger, T.E. 2024. Invest in Transformation. Quit relying on trust. Downers Grove, Illinois: InterVarsity Press.
Tod Bolsinger is die stigter en prinsipaal van AE Sloan Leadership Inc., die uitvoerende direkteur van die DePree Center Church Leadership Institute, en medeprofessor in leadership formation by Fuller Seminary. Hy is die skrywer van Canoeing the Mountains, Tempered Resilience, How not to waste a crisis, The mission always wins en Leading through resistance.
Dié boek handel oor adaptive leadership. ‘n Tema wat hoofsaaklik ontwikkel is deur Ronald Heifetz en Marty Linsky. Bolsinger sê adaptive leadership benodig “a new set of leadership practices” en daarvoor sal kerkleierskap bedag moet wees op verkeerde ingesteldhede soos “confusing trust with transformation”. Jou primêre werk as leier is die ontwikkeling van ‘n kapasiteit om jou mense deur die transformasie uitdagings, van ‘n veranderende wêreld (kerklike landskap), te lei. Hiervoor behoort leiers nie volmaak te wees nie, maar wel uiters betroubaar.
Transformasie leierskap vra: “… people to face what they must leave behind in order to move the organization forward into uncharted territory (Bolsinger, 2024:16).” Mense vrees nie verandering nie, hulle vrees verlies. Alhoewel niemand die toekoms kan voorspel nie, is dit moontlik om vir die onbekende toekoms voor te berei. Hiervoor is klem op die relasionele (verhoudings) ononderhandelbaar.
When leaders function with relational congruence, they strengthen the bonds, deepen the affection, and create the wellspring of trust needed to face the unknow challenges of a changing and disrupted world.
Bolsinger, 2015: chapter 3 & 4
Bolsinger vra die vraag: Verstaan ons dat leierskap nie bestuur is nie? Vir hom is bestuur bloot om uitdagings te hanteer en die doelwitte van die groep uit te voer. Daarteenoor is leierskap die vermoë om verandering te fasiliteer. Hier loop leierskap en transformasie hand aan hand, veral in uitdagende tye. In hierdie opsig stel hy ‘n uitdagende stelling: there is no transformation without trust. But trust is not transformation. Transformasie leierskap veronderstel onderskeidingsvermoë, samewerking en die vermoë om moeilike en ongewilde besluite te neem.
True transformation is a change of heart, a shift in values or attitudes or behaviors. And this transformation requires that the people themselves change themselves.
Bolsinger, 2015: p42
Transformasie leierskap vereis die volgende vaardighede:
- Die vermoë om veilige spasies te skep.
- Die vermoë om by jou DNS te bly (Roeping).
- Die vermoë om pynpunte te identifiseer en te hanteer.
- Die vermoë om vertroue in transformasie te belê.
Dié boeke-reeks bied ‘n boeiende inleiding tot die verstaan en implimentering van adaptive change. Dit is in die styl van ‘n werkboek en bied gevalle studies om verskeie inligting toe te lig en in te oefen. Vir gemeenteleiers sal hierdie boek baie waarde toevoeg.
